Back to Main HOME Page
Post Master Post Master

post master post master
there's a parcel in the post
the mail is a disaster
what will it cost

day after day
we wait in the row
another delay
everything so slow

standing in the queue
next appointment due
we have no clue
what to do

can you track and trace
find my stuff
before we crack and craze
and get rough

your hands are tied
but you're the boss
delivery dates lied
customers are cross

post master post master
you don't get much pay
the mail is a disaster
but in your job you stay

post master post master
the post office is not well
I wish I had a plaster
or solution to sell


Navigation: | to TOP | PostMaster | SlaapNet | WindeVanVerandering |


slaapnet

kragteloos krul
jou slaapverlamde vingers en wil
en gly dit uit die greep
wat die dag na jou uitsteek

keer op keer wil jou brein ontsnap
probeer om lui spiere vas te vat
maar ’n sagte rubbernet
pluk hom net terug in die bed

gebraaide tamatie, wors en eiers
bots met duisende suiers
dit suig jou al dieper vas
in die sagte sponsige matras

sag die gedagte soos van ver af
kom nou,  …  kom ons begin die dag
die horlosies is net-net nog genadig
die telefone is net-net nog besadig

onrustig raas die motors in die straat
die nag het ons lankal verlaat
opstaan kan jy nie meer vermy
sal so skuins-skuins van die bed afgly


Navigation: | to TOP | PostMaster | SlaapNet | WindeVanVerandering |


Winde van verandering

Jy werk in Vuil-driehoek,
Jy bly in Parys 
?

“ Skoner lug” 
verskoon ek.

Realiteit is anders
’n paar dae van die jaar,
wanneer moedswillige winde
oor die heuwels baljaar :

Wind van die Ooste
vergas by sy beurt,
met senusitus
swael-skerp reuk,
van Sa-zol gagga-gassa streek.

Wind van die Weste
smaakvol, net die beste,
fermenteer buite perke
met ontbindingsreukies,
van rioolgissingswerke.

Wind van die Suide
waai in die winter,
witrookwalms
van ons bure,
se hout- en steenkoolvure.

Wind van die Noorde
swaai met die droogte,
vrot
vis-en-water geure,
deur die gleufies in ons deure.

Vogindus
--- kommentaar --- Noord van Parys is die Vaalrivier, Suid van Parys is Tumahole, Oos van Parys is Sasol en Wes van Parys is die rioolwerke.

Navigation: | to TOP | PostMaster | SlaapNet | WindeVanVerandering |


Back to Main HOME Page


© Copyright 2016: benico.co.za
| Est. 1970 |