Back to Main HOME Page
Die Storm

Op die horison bars die helder lig van die son
deur ’n opening in die wolke,
en ek sien die goue lig weerkaats
vir 'n oomblik op die blare.

Pers reen kleur die lug in 
met lewe wat ek kan ruik in die wind,
en ek ruik die lewe wat die wind 
met hom saambring en op my laat reen.

Ek hoor die voëls 
soos hulle roep in die lug,
en ek weet daar is iets binne in my 
wat ook roep om vry te wees.

Ek voel die aarde se vibrasie,
en ek weet dat ek die storm kan voel 
sonder dat hy aan my raak.

Is dit beter om glad nie deel te wees
 - omdat jy nie kan wen nie ?
Of is dit beter om deel te neem
 - en vreugde te put uit elke spier wat beweeg,
 
elke asemteug, elke stukkie adrenalien, 
elke stukkie gevoel op my vel ?
Vogindus

Navigation: | to TOP | DieStorm | Herfs | Langpad | NagMaat | Sielsketse | Winter | Winterland |


Herfs ...

die mooiste seisoen vir my
dis die maturity van die somer
daar is rypheid
en volheid van kleur
dis nie warm nie
en ook nie koud nie
Vogindus

Navigation: | to TOP | DieStorm | Herfs | Langpad | NagMaat | Sielsketse | Winter | Winterland |


Langpad

Kilometer vir uitgerekte kilometer draai die wiele, 
verder en verder die ooptes in 
die sperstrepe word beurtelings afgetel en agtergelaat.
Dis net ek en my gedagtes … 

Soms dink ek dat die geestelike en emosionele kapasiteit 
net te klein is vir alles wat ek saamdra. 

Tasse vol bagasie wat ek daagliks uitpak, uitsorteer 
en maar weer net alles inpak, 
net om môre en oormôre te herorganiseer 
aan dieselfde tasse.

Dit vreet my fisiese en geestelike krag, 
en ontevredenheid word weerkaats in elke tru-spieël !
Voor my kronkel die teerpad uit soos ’n swart slang.
Langs my verander die landskap …   

Ek bevind my in ’n Goddelike skildery 
en vir ’n breukdeel van ’n sekonde is realiteit en werklikheid 
sperstrepe wat verbysnel. 
Weg, verby, vergete … 

Dan is dit weer grondpad
en wreed word die werklikheid voor my neergegooi.
Die toeskouers is ver agter my
en dis onmoontlik om te vra vir hulp.

EK WENS EK HET GENOEG HANDE GEHAD
OM AL DIE BAGASIE VAS TE HOU!
PureBeaut

Navigation: | to TOP | DieStorm | Herfs | Langpad | NagMaat | Sielsketse | Winter | Winterland |


nagmaat

koper is jou kleur
waar jy wegkruip agter die wolke se gleuf
versigtig loer jou ligstrale
en val sag deur die ruit op my wang

die nag ruik so anders wanneer jy daar is
wanneer jy saam met my reis
deur ’n landskap van swart en blou
sag en vol mistiek soos die hart van ’n vrou

ek weet dis koud
jou koper verander in silwer helder
soos jy opklim in die hemel
en my oe nou beter sien  
Vogindus

Navigation: | to TOP | DieStorm | Herfs | Langpad | NagMaat | Sielsketse | Winter | Winterland |


Sielsketse

Woorde is die verfkwas … 
van die onsigbare prente 
in die siel van elke mens 

Had ek maar in die hede
die perspektief wat ek môre sal hê
oor nou  … 

Maar as ek nou kan leer
wat in die verlede
gemaak het dat ons doen  …
  of nie,

dan sal ek nie spyt wees
oor wat was en wat nie,

omdat dit my vandag
met ’n stukkie van môre se perspektief
kan laat leef.

. . . . . . .

Woorde is die verfkwas
van die onsigbare prente
in die siel van elke mens

Die emosies en interpretasie  … 
is die verf
en jou hart  … 
is die doek


Navigation: | to TOP | DieStorm | Herfs | Langpad | NagMaat | Sielsketse | Winter | Winterland |


Winter

“ sommer so sonder seremonie   
kondig die lug aan dat die winter gearriveer het  …  ”     

“ en beaam dit net die leemte wat groei in my hart,   
wat maklik in die somer oorsien word  … ”     

“ en my tong-in-die-kies promovering van die winter   
poog myself te oortuig  …  ”   

“ die dinge te ignoreer wat binne-in my swyg  … ”
PureBeaut

Navigation: | to TOP | DieStorm | Herfs | Langpad | NagMaat | Sielsketse | Winter | Winterland |


Winterland

Alle seisoene is normaalweg ongeveer ewe lank. 
Miskien verbeel ek my, 
maar my winter is reeds langer as die norm ...

Oral om my is somer, blomme, groen gras, voëls ...
maar hier by my lê die sneeu baie diep. 
 
Elke oggend probeer ek dit skoon skraap, 
maar teen die aand lê my land weer vol winter. 

En as ek gaan lê om te slaap 
hou die koue my wakker, 
dan dink ek aan ’n manier om warm te bly, 
so baie dat ek nie kan slaap nie. 

Wanneer ek wakker word, 
vat ek maar weer die graaf om skoon te skep. 

Die winter kom lê in my hart, my oë, 
smelt, en rol by my wange af. 
Ek roep na die somers daar buite, 
maar my woorde smelt weg in die yslug …

Wanneer gaan dit lente word?  
PureBeaut

Navigation: | to TOP | DieStorm | Herfs | Langpad | NagMaat | Sielsketse | Winter | Winterland |


Back to Main HOME Page


© Copyright 2016: benico.co.za
| Est. 1970 |